Orkes

Die Orkes is tans 80 lede sterk. Verskeie optredes word deur die jaar gehou en die twee hoogtepunte is die Taptoe en die Winterkonsert. Kampe word tydens April en Junie gehou en in September is die Nasionale Kampioenskappe. Enige iemand kan by die orkes aansluit, geen vooraf musiekkennis is nodig nie.