Hoërskool Oosterland verwelkom ‘n ieder en ‘n elk! Hier is nie net inligting oor die skool nie, maar ook ‘n kykie in die lewe van besige Oosies wat elkeen hulle beste gee waar hulle betrokke is. Oosterland is ‘n plek vir tieners – wat leer oor die lewe, wat glo in hulself en wat werk aan ‘n toekoms wat hulle opgewonde maak. ONS IS #SKOOLMETHART

By  Hoërskool Oosterland skep ons geleenthede vir elke leerder wat ons pad kruis. Ons jaag nie net prestasies na nie, maar glo dat elkeen talentvol is in eie reg! Ons ontwikkel potensiaal!  Meer inligting, foto’s en video’s en vermelding van prestasies is op ons Facebook bladsy, Instagram en YouTube kanaal gelaai. 

BAIE WELKOM!

AKADEMIE
KULTUUR
SPORT

Om by ons aan te sluit, kan die volgende vorms afgelaai word. Nadat u dit voltooi het, kan dit saam met die ondersteunende dokumente teruggestuur word na aansoeke@oosterland.co.za

To join us please download the forms, fill them in and send back together with requested documentation to aansoeke@oosterland.co.za