Akademie

Jou eie prestasie bepaal JOU toekoms!

Vir Oosterland is akademie van kardinale belang. Oosies moet die beste geleentheid kry om te presteer sodat hulle die drome wat hulle najaag kan verwesenlik. Daarom word aanstellings van personeel sorgvuldig gemaak, sodat ons die akademiese se fokus altyd behou, maar terselfdertyd personeel het wat glo in ons waardes en te alle tye in die leerder se belang sal optree.

Oosterland Skool Met Hart
Oosterland Blue
Oosterland Skool Met Hart

Oosies gaan ‘n tyd van groei en vernuwing binne wat akademie  betref.  Planne is in plek om akademiese resultate nog verder te verbeter. Gratis intervensieklasse word aangebied, waar ekstra hulp aangebied word aan enige leerder wat nodigheid daarvoor het. Daar is ‘n leeslaboratorium beskikbaar en hersieningsklasse is nou ingestel om leerders weekliks te help. Die impak sal duidelik sigbaar wees – ons is verbind tot groot suksus vir JOU onthalwe.