Orkes
Die Orkes is tans 80 lede sterk. Verskeie optredes word deur die jaar gehou en die twee hoogtepunte is die Taptoe en die Lentekonsert.
Kampe word tydens April en Junie gehou en in Oktober is die Nasionale Kampioenskappe. Enige iemand kan by die orkes aansluit, geen vooraf musiekkennis is nodig nie.
Hoërskool Oosterland het vanjaar se S.A.S.B.A (South African School Band Association) Nasionale Kampioenskappe aangebied wat oor twee dae gestrek het, 7 en 8 Oktober 2022.
Die kompetisie het as volg verloop. Die 7de het die Ensemble en Marimba kategorië plaasgevind en die 8ste die Hoërskool Konsert en Ope Konsert afdeling plaasgevind. Daarmee saam het die Vertoon- en Marsorkeste en die Perkussie ook plaasgevind.
Hoërskool Oosterland Orkes het eerste plek behaal in die Ope Konsert Afdeling, verhoogdissipline en inspeksies. Die Perkussie het ‘n tweede plek behaal.
Conrad Powell, tamboermajoor, het weer skoonskip gemaak met sy eerste plek en dit in die eerste jaar wat hy as tamboermajoor deelgeneem het.