Landloop

Sport  |  Landloop

Landloop is ‘n sport waarin spanne en individue ‘n wedloop op opelugbane oor natuurlike terrein soos grond of gras hardloop.

Hierdie uithou sport bied talle voordele- verbeterde long kapasiteit, fiksheid vir ander sport soorte, dit stel endorfiene vry wat mens se gemoed verbeter, dit verlig asma, dit bou self vertroue en nog vele meer.

Landloop
Oosterland Blue
Landloop

Landloop as n skoolsport, vind in span verband plaas waar leerders in groepe van 4-6 deelneem om punte bymekaar te maak oor n reeks van wedlope. Die span wat die beste vaar, wen dan die liga.

Oosies landloop bied dus nie net geleentheid vir die individu om te presteer nie, maar ook n kans om deel te wees van iets groter en die skool te verteenwoordig met sy of haar talent.

Die grootste belonings kom wanneer jy van jouself gee. Dit gaan daaroor om die lewens van ander te verbeter, om deel te wees van iets groter as jyself, en n positiewe verskil te maak.