Nuwe Leerders

SKOOLDRAG:  Grys langbroeke en grys rompe met wit lang- of kortmou hemde – beskikbaar by klerehandelaars in dorp. Ander klere kan by die klerewinkel aangekoop word. Woensdae: Eerste pouse/16:00-17:00.

VOORGESKREWE SKOOLDRAG

DOGTERS

  • Grys romp of erkende grys langbroek
  • Wit skoolhemp (geen wapen). Indien die wit langmou skoolhemp dra word, kan die moue opgerol wees
  • tot bokant die elmboog.
  • Die hemp se boonste knoop moet vas wees en die das stewig geknoop.
  • Slegs wit T-hemde (sonder slagspreuke) mag onder skoolhemde aangetrek word.
  • Geen hemp mag onder die skoolhemp uitsteek nie.
  • Gr. 12 leerders mag “blackmail” sykouse saam met rompie dra.
  • Kort wit kouse en oopnek-hemp by romp, met of sonder das.
  • Swart erkende skoolskoene met ‘n “T” band, toerygskoene of band oor die voet.
  • Langbroeke mag reg deur die jaar gedra word: saam met ‘n langbroek moet ‘n das en grys kouse gedra word.
  • Skoolbaadjie met skoolwapen (met saalopeninge en funksies).
  • Langmou skooltrui of oortrektrui met skoolwapen.
  • Alleenlik skoolserpe, wat by klerewinkel beskikbaar is, mag saam met die wintersdrag gedra word.
  • Romplengte:  Nie korter as ‘n handbreedte bokant die knie nie. Romp of broek mag nie afgewerk word nie.
  • Provinsiale baadjie en das mag Maandae gedra word.
  • Provinsiale sweetpakbaadjie, wat jy self in hierdie jaar verwerf het, mag Vrydae gedra word.
  • Geen 1ste span baadjies mag gedra word behalwe op sportdae nie.
SEUNS
  • Grys langbroek met swart of bruin gordel met ‘n klein gespe.  Die gordel moet styf genoeg wees sodat die broek bo gehou word. Geen onderklere mag wys nie.
  • Wit kort- of langmou skoolhemp. Langmoue mag opgerol word tot bokant die elmboog.
  • Slegs wit T-hemde (sonder slagspreuke) mag onder skoolhemde aangetrek word. T-hemde mag nie wys nie.
  • Skooldas, stewig geknoop met boonste knoop van hemp vasgeknoop, is verpligtend by ‘n langbroek en moet by alle saal- en geleentheidsfunksies gedra word.
  • Langbroeke mag reg deur die jaar gedra word.Saam met ‘n langbroek moet ‘n das gedra word.
  • Seuns kan ook kortbroeke dra en dan is ‘n das opsioneel.
  • Grys skoolkouse.
  • Skoolbaadjie met skoolwapen (verpligtend vir saalopeninge en funksies).
  • Langmou skooltrui met skoolwapen, moulose skool-oortrektrui met skoolwapen.
  • Erkende swart skoolskoene sonder versierings wat met veters of ‘n gespe vasmaak. Geen stewel-tipe skoene.
  • Die sool mag  nie meer as 4 cm hoog wees nie.
  • Skoolpet is toelaatbaar (opsioneel).Geen ander hoofbedekking bv. hoodies en musse word toegelaat nie
  • Alleenlik skoolserpe wat by die klerewinkel beskikbaar is mag in die winter gedra word.